Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
Siel net op Afrikaans.Radio
27 Augustus 2023

Stap saam met my in ‘n Woud…

Hoe om te luister?

Vind ’n rustige plek, druk speel, en laat die klanke jou lei. Siel se meditasies is ontwerp om jou op jou eie terme te ondersteun – kalm, nie-indringend, en vry van enige spesifieke oortuigings.

Hierdie oomblik is net vir jou.

Wat is meditasie?

Meditasie is die praktyk van bewuste stilword – ’n manier om jou gedagtes te kalmeer en meer teenwoordig te wees in die oomblik. Dit is nie gekoppel aan enige spesifieke geloof nie en kan deur enigiemand beoefen word, ongeag agtergrond of oortuigings.

By Siel fokus ons op eenvoudige, toeganklike meditasies wat jou help om stres te verminder, jou gedagtes helder te maak, en ’n gevoel van balans en kalmte te vind.

Waarom sal mens ‘n woud-meditasie doen?

Soos wanneer jy diep in ‘n woud gaan sit en na geluide van voëls en die ritsel van blare tussen die bome luister…

Jy voel beskermd. Ons raak ook ontslae van spanning in die lyf, deur ‘n ‘body scan’, wanneer jy bewus raak van elke deel van jou ligaam en algaande ontspan.

Podsending
| siel | Stap saam met my in ‘n Woud…