Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
Siel net op Afrikaans.Radio
2 Julie 2024

Selfliefde

Hoe om te luister?

Vind ’n rustige plek, druk speel, en laat die klanke jou lei. Siel se meditasies is ontwerp om jou op jou eie terme te ondersteun – kalm, nie-indringend, en vry van enige spesifieke oortuigings.

Hierdie oomblik is net vir jou.

Wat is meditasie?

Meditasie is die praktyk van bewuste stilword – ’n manier om jou gedagtes te kalmeer en meer teenwoordig te wees in die oomblik. Dit is nie gekoppel aan enige spesifieke geloof nie en kan deur enigiemand beoefen word, ongeag agtergrond of oortuigings.

By Siel fokus ons op eenvoudige, toeganklike meditasies wat jou help om stres te verminder, jou gedagtes helder te maak, en ’n gevoel van balans en kalmte te vind.

Selfliefde word dikwels verwar met ‘n ongesonde liefde vir jouself, soos selfsug, hebsug, ydelheid, verwaandheid, egotisme of narcissime. Gesonde selfliefde is baie nodig vir ons bestaan, voortbestaan, gesonde konflikhantering, ens. Dis ‘n basiese menslike noodsaaklikheid om na jouself om te sien, jouself te respekteer, jou naaste lief te he soos jouself, soos ons in die Bybel lees.

Gesonde selfliefde kring uit en wanneer jy dit leef, beoefen, is jy ‘n inspirasie vir almal om jou.

Voordat ons hieroor mediteer, fokus op die sewe gedagtes hoe om in jou daaglikse handel en wandel by selfliefde uit te kom:

1. Wees bewus van jou unieke menswees

2. Vermy negatiewe self-talk, negatiewe gedagtes jeens jouself

3. Wees sag met jouself

4. Focus om te groei as person

5. Se nee en stel grense

6. Beoefen daagliks selfsorg

7. Vier jou prestasies

Podsending
| siel | Selfliefde