Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
Siel net op Afrikaans.Radio
2 Julie 2024

Om te laat gaan

Hoe om te luister?

Vind ’n rustige plek, druk speel, en laat die klanke jou lei. Siel se meditasies is ontwerp om jou op jou eie terme te ondersteun – kalm, nie-indringend, en vry van enige spesifieke oortuigings.

Hierdie oomblik is net vir jou.

Wat is meditasie?

Meditasie is die praktyk van bewuste stilword – ’n manier om jou gedagtes te kalmeer en meer teenwoordig te wees in die oomblik. Dit is nie gekoppel aan enige spesifieke geloof nie en kan deur enigiemand beoefen word, ongeag agtergrond of oortuigings.

By Siel fokus ons op eenvoudige, toeganklike meditasies wat jou help om stres te verminder, jou gedagtes helder te maak, en ’n gevoel van balans en kalmte te vind.

Leegmaak. Ons kry seer, omdat ons diep binne onsself weet wie ons is maar dit verloen.

Rumi het geleef in die 13de eeu en hy het gese:
You wander from room to room hunting for the diamond necklace that is already around your neck.

Daar is geen maklike manier om te laat gaan nie. As dit was, het ons almal dit meer en makliker gedoen. Die groot issue is, dat daar soms oor ‘n miljoen dinge is wat mens wil laat gaan. Om nie van al die redes te praat nie. Dis hoekom ons met vakansie gaan: dis daardie behoefte om weg te breek.

Hierdie kort meditasie gaan jou help om te laat gaan, te release. Jy kan dit daagliks doen, en elke keer ‘n ander kwessie/issue identifiseer wat jy wil laat gaan. Wanneer ons fokus op die verlede en wie ons was en verkeerde keuses uit die verlede, verloor ons tred met ons outentieke self in die huidige moment. Die proses van laat gaan, help jou om die verlede te los waar dit hoort en voluit deel te wees van genesing.

Podsending
| siel | Om te laat gaan