Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
Siel - Afrikaanse meditasies net op Afrikaans.Radio
28 Mei 2023

My Hande

Hoe om te luister?

Vind ’n rustige plek, druk speel, en laat die klanke jou lei. Siel se meditasies is ontwerp om jou op jou eie terme te ondersteun – kalm, nie-indringend, en vry van enige spesifieke oortuigings.

Hierdie oomblik is net vir jou.

Wat is meditasie?

Meditasie is die praktyk van bewuste stilword – ’n manier om jou gedagtes te kalmeer en meer teenwoordig te wees in die oomblik. Dit is nie gekoppel aan enige spesifieke geloof nie en kan deur enigiemand beoefen word, ongeag agtergrond of oortuigings.

By Siel fokus ons op eenvoudige, toeganklike meditasies wat jou help om stres te verminder, jou gedagtes helder te maak, en ’n gevoel van balans en kalmte te vind.

My Hande – hierdie is ‘n meditasie om jou hande te waardeer en te eer.  Ons gaan dieper kyk na alles wat jou hande vir jou beteken, al aangeraak en vermag het. As mense neem ons, ons hande as vanselfsprekend maar jou hande maak kennis en ontdek die wêreld. Jou hande net soos jy is uniek, en dit wat hulle al ervaar of vermag moet ons waardeer en eer.

Podsending
| siel | My Hande