Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
Siel net op Afrikaans.Radio
8 Mei 2023

Ek Is – Outentiek Ek

Hoe om te luister?

Vind ’n rustige plek, druk speel, en laat die klanke jou lei. Siel se meditasies is ontwerp om jou op jou eie terme te ondersteun – kalm, nie-indringend, en vry van enige spesifieke oortuigings.

Hierdie oomblik is net vir jou.

Wat is meditasie?

Meditasie is die praktyk van bewuste stilword – ’n manier om jou gedagtes te kalmeer en meer teenwoordig te wees in die oomblik. Dit is nie gekoppel aan enige spesifieke geloof nie en kan deur enigiemand beoefen word, ongeag agtergrond of oortuigings.

By Siel fokus ons op eenvoudige, toeganklike meditasies wat jou help om stres te verminder, jou gedagtes helder te maak, en ’n gevoel van balans en kalmte te vind.

Hierdie is ‘n meditasie om die pad te stap terug na jou outentieke self. Ons gaan dieper kyk na sensasies en behoeftes in jou hart, kyk of ons jou hartsbegeertes kan ontdek.

As mense is ons mees kragtige emosie, liefde. Alle ander emosies soos geluk, hartseer, jaloesie is net komponente van liefde, verdraaiings van liefde.

So enige pyn wat jy voel, is komponente, vertakkings van liefde. Pyn en verlies, en hoe ons dit hanteer, kan deur gereelde meditasie draaglik gemaak word. As jy minder pyn wil voel, mediteer meer dikwels. Volgens nuwe navorsing kan gereelde meditasie die emosionele reaksie op pyn werklik uitvee. Fisieke pyn sowel as geestelike pyn.

Podsending
| siel | Ek Is – Outentiek Ek