'n Ma en 'n Mikrofoon
2 Julie 2025

Ma Waarsku: My Kind Sterf Amper Toe Hy Magnete Insluk

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

‘n Ma & ‘n Mikrofoon is ‘n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self ‘n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma’s se emosionele welstand.

Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net ‘n ma kan verstaan – soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as “me-time”! Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma’s kom kuier ook in die ateljee om hulle stories te deel.


‘n Ma & ‘n Mikrofoon sal jou inspireer, bemagtig en herinner dat jy (ten spyte daarvan dat jy soms twyfel) altyd die beste ma is vir jou kind.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Ma Waarsku: My Kind Sterf Amper Toe Hy Magnete Insluk