Sy was ‘n prem-baba, blind van geboorte af en ‘n enkelma op ‘n jong ouderdom. Later in Shani Little se lewe het sy boonop gesukkel om swanger te word – en toe dit eindelik gebeur, kry sy ook ‘n borskankerdiagnose.
Shani is egter gelouter deur die vuur in haar lewe – en in hierdie episode deel sy haar storie van ma- en vrouwees met Daniëlla.