Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
30 Oktober 2024

Ons 330 dae in NICU

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

In hierdie diep roerende episode van ’n Ma & ’n Mikrofoon, deel Mari Botha die verhaal van haar dogtertjie, Ruaché, wat net 440 gram geweeg het toe sy 15 weke te vroeg gebore is. Ruaché het 330 dae in die NICU deurgebring, terwyl Mari self moes veg vir haar lewe toe haar niere ingegee het.

Sy gesels met Daniëlla oor die uitdagende pad wat sy as preemie-mamma gestap het en die lesse wat sy geleer het oor hoop, volharding, en geloof.

November is Preemie-bewustheidsmaand en World Prematurity Day val op 17 November – ’n kans om bewustheid oor hierdie onderwerp te skep en ander ouers met preemies te ondersteun. In hierdie episode gee Mari raad en ondersteuning aan ouers wie se kinders tans in die neonatale eenheid is.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Ons 330 dae in NICU