Irvette van Zyl (37) is ‘n werkende ma – maar haar “werk” is uitsonderlik: sy’s immers ‘n Olimpiese marathon-atleet!
Die spele in Parys skop op Vrydag 26 Julie 2024 af, en dit sal die vierde keer wees wat Irvette aan die Olimpiese Spele deelneem.
Sy praat met Daniëlla oor die uitdagings van ouerskap en atletiek: om te probeer ‘long runs’ doen terwyl jy hand bysit met huiswerk, en om vrede te maak met beserings wat buite jou beheer is.
Irvette moes al keer op keer opstaan ná teleurstellings, en sy vertel waarom en hoe ma-wees haar die krag gegee het om dit te kan vermag.