Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
21 Februarie 2024

Infertiliteit, Jou Geestesgesondheid & Jou Huwelik

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Behandeling vir onvrugbaarheid, soos IVF, plaas baie druk op verhoudings. Dis dikwels selfs die oorsaak van egskeidings.

Om te hoor dat jy nie net “maklik” ‘n kind sal kan verwek nie, is ‘n diep emosionele ervaring en kan ook lei tot angs, depressie, eetversteurings en lae selfvertroue.

In hierdie episode van ‘n Ma & ‘n Mikrofoon gesels Daniëlla van Heerden met Lizanne van Waart, ‘n sielkundige en direkteur van die Wijnland-fertiliteitskliniek.

Lizanne het sélf gesukkel om swanger te raak en miskrame gehad, en het haar loopbaan daaraan toegewy om ander wat deur dié proses gaan, te kan bystaan.

In hierdie episode gee sy raad hoe vroue, mans en ook paartjies sáám die emosionele impak van vrugbaarheidbehandeling (van die begin tot die einde van die reis) kan hanteer en trotseer.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Infertiliteit, Jou Geestesgesondheid & Jou Huwelik