Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
14 Februarie 2024

Boelies: Redes, tekens en Oplossings

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Redes, tekens en Oplossings – Boelies en bullebakke neem verskeie vorme aan.

Dalk word jou laerskoolkind gespot oor haar voorkoms. Jou seun word miskien geslaan elke pouse – en hy wil nie met jou daaroor praat nie, want hy kry skaam. Jou tiener sien moontlik daagliks aaklige kommentaar op hulle sosiale media-plasings. Of jy word ingeroep deur die skool en hoor die skoknuus: “Jou kind is die boelie”.

In hierdie episode gee dr. Louisa Stoker, ‘n familieberader, raad oor hoe om die boeliekwessie sáám met jou kind aan te pak en hulle eindelik boelie-bestand te maak

KONTAK DR. STOKER: confident2thrive.com / +27 81 271 3108

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Boelies: Redes, tekens en Oplossings