#11 Die buigpunte van die toekoms
30 Junie 2025

#11  Die buigpunte van die toekoms

Oor die reeks

Môre onder die Soeklig daag luisteraars uit om die toekoms deur ’n kritiese en kreatiewe lens te sien.

In elke episode deel Dr Rianne van Vuuren insigte oor tendense en veranderinge wat die wêreld vorm. Hierdie reeks bied die geleentheid om nie net die toekoms te verstaan nie, maar ook om aktief voor te berei vir die uitdagings en geleenthede wat op ons wag.

Van strategiese benaderings tot praktiese toepassings om jou horisonne te verbreed – die reeks stel jou in staat om die wêreld met ’n nuwe perspektief te benader.

Vroeë aanwysers van ‘n buigpunt kan eksponensiële vooruitgang in tegnologie, verskuiwings in globale magsdinamika, of wydverspreide kulturele en gedragsveranderinge insluit.

Buigpunte maak deure oop vir ongekende innovasie, ekonomiese groei en maatskaplike vooruitgang, maar dit bring ook verhoogde onsekerheid en risiko mee.

Buigpunte daag dikwels samelewingsnorme, etiek en waardes uit, wat die menslike reaksie net so deurslaggewend maak as die tegnologiese of strukturele veranderinge.

Podsending
| Môre onder die Soeklig | #11  Die buigpunte van die toekoms