Sy’s die energieke uitvoerende hoof van die Artscape Teatersentrum in Kaapstad waar sy met ’n ystervuis regeer, en met haar lekker lag, harde werk en ’n enorme liefde vir mense en haar land, groot verandering in die kunste en talle lewens bewerkstellig.
Altyd positief, met min mense wat weet van die uitdagings wat die bekroonde Dr. Marlene le Roux al moes trotseer. Polio, ’n moeilike politieke landskap, ’n breingewas, die dood van haar gestremde seun, haar egskeiding.
In Episode 12 van MAOA praat sy eerlik oor haar lewe, haar werk, haar menseverhoudinge, haar voortdurende geveg vir vroueregte en mense met gestremdhede en hoe baie sy van die lewe hou.





