Met almal. Oor Alles. - ‘n Lig in die Donker
15 Augustus 2025

‘n Lig in die Donkerabout

Oor die reeks

Bekende joernalis, radio-omroeper en TV persoonlikheid Suzaan Steyn gesels met kundiges, kenners en mense met interresante stories om te deel. 

Een aand, nie lank gelede nie, het ek ‘n swerm vuurvliegies langs die Luvuvhu-rivier in die Makuya-natuurreservaat in Limpopo gesien. Ek was skoon oorstelp. Vuurvliegies is vir my “wonderwerke” en “sprokies”, en almal wat ek hieroor uitvra, stem saam. Die hartseer is dat meeste van ons hulle laas as kinders gesien het. Wie is hierdie klein liggies in die donker? Waar woon hulle, wat eet hulle, hoe leef hulle en hoekom is daar so min van hulle?

In Episode 10 deel ’n lid van die Lampyrinae-familie hulle lief en leed met my, by monde van entomoloog Renier Basson van die Endangered Wildlife Trust. Laai af, luister saam en deel jóú ervarings met vuurvliegies in die kommentaarveld hieronder.

Podsending
| Met Almal. Oor Alles. | ‘n Lig in die Donkerabout