Met Almal. Oor Alles. - Kunsmatige Intelligensie: Vriend of Vyand?
22 Augustus 2025

Kunsmatige Intelligensie: Vriend of Vyand?

Oor die reeks

Bekende joernalis, radio-omroeper en TV persoonlikheid Suzaan Steyn gesels met kundiges, kenners en mense met interresante stories om te deel. 

In Japan en die VSA vorm mense intieme verhoudings, selfs huwelike, met KI-geskepte “maats.” Amerikaanse wetenskaplikes het KI gebruik om nuwe antibiotika te ontwikkel teen middelweerstandige infeksies. In Suid-Afrika maak die eerste robot-onderwyser, Iris, haar verskyning in Kwazulu-Natal. Maar saam met die vordering kom die vrae.

In episode 11 van MAOA gesels ek met prof. Nicky Terblanche van die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool oor die vrese, vooroordele en wonders van Kunsmatige Intelligensie en oor Vici, die “coaching bot” wat hy ontwikkel het. Laai af, luister, en gee jou mening in die kommentaarveld.

Podsending
| Met Almal. Oor Alles. | Kunsmatige Intelligensie: Vriend of Vyand?