Hoekom raak ons verlief en hoekom juis op HULLE?
In dié verhoudings-episode van Met Almal. Oor Alles duik ons diep in die sielkunde van verhoudings saam met sielkundige dr Fred Schouwink van Johannesburg. Hy werp lig op die geheime van aantrekkingkrag, liefde, ou patrone, herinneringe en trauma en waarom jou bindingstyl dalk jou liefde kan saboteer of laat floreer.





