Ons is sekerlik almal al een of ander tyd uit die bloute deur iemand geïgnoreer. Sonder waarskuwing. Sonder verduideliking. Of dit nou op die speelgrond, by die werk, of in ’n verhouding gebeur, dit bly ’n ontstellende ervaring. Een oomblik is daar ’n band, die volgende oomblik stilte. Geen verduideliking, geen antwoorde, geen afsluiting.
In Episode 13 gesels ek met kommunikasiespesialis, sake-coach en besturende direkteur van Pro-Active Communications Hanrie Fridjhon oor “ghosting”, of spookloop. ’n Ou gedragspatroon wat vandag meer bekend is weens sosiale media.
Al ervaar albei partye dit op verskillende maniere, kan die emosionele impak vir albei ewe swaar wees. Hanrie ontleed hoekom mense ander spookloop, hoe ons dit kan verstaan, hanteer en hoe om die stukke op te tel en aan te beweeg.





