Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
21 Augustus 2024

TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Karlien van Jaarsveld

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Ouerskap het Karlien van Jaarsveld verander. Haar gestroop en omgedop. In hierdie episode van ‘n Ma & ‘n Mikrofoon gesels Karlien met Daniella oor die verskillende fasette van ma-wees.

Sy moes immers al baie trotseer – haar tweeling, Daniël en Eliah, is vroeg gebore en sy moes hulle toe hulle ouer word, ook lei deur ‘n egskeiding. Daarna het sy ‘n miskraam gehad op 19 weke. Later telkens met klein Elah hospitaal toe jaag to ‘n seldame siekte by die dogtertjie gediagnoeer is. En haar jongste, Johannes Samuel, was ‘n “lockdown baba”.

Maar, vertel Karlien in die onderhoud, dit alles het haar gesin en haar geloof net versterk – en ten spyte van die moeilike dae, geniet sy haar huis vol kinders, lag en lewe.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Karlien van Jaarsveld