In hierdie week “be-KLETS” ons Mel Viljoen se Back a Buddy veldtog, ‘n slangplaas wat oorstroom het in China, en ‘n voëlwet wat niemand sien kom nie.
Iewers in China het ‘n vloed ‘n slangplaas oopgebreek. Nou is “swem met die plaaslike fauna” nie meer ‘n opsie nie. Dis ‘n werklikheid.
Ozempic maak jou skraler, sê die advertensies. Die nuutste studies belowe jou ander verrassings. Niemand sit dit op die verpakking nie.
Mel Viljoen soek nie volgelinge nie. Sy soek geld. Sy het ‘n Back a Buddy veldtog begin om Peet uit die tronk te hou. Ons het intussen gaan kyk wat OnlyFans creators in Suid-Afrika werklik verdien. Net vir ingeval sy ‘n Plan B nodig het.
Maar as jy in Kaapstad woon, los liewer jou voëlsaad in die kas. Dit kan jou in die moeilikheid laat beland.
Dis slange en spuite. Dis ‘n veldtog en ‘n sak saad op die grond. Dis KLETS.




