Impuls-aankope, rooi bankstate, kaste vol goed wat jy nie nodig het nie? Stop! Sluit vandag nog aan by ‘n nuwe beweging wat veral Gen Z-ers op hol het.
In Episode 7 van Met Almal.Oor Alles vertel toekomskundige Frieda le Roux van die No Buy 2025-koors wat vanjaar in die buiteland posgevat het en jou nie net finansiële angs en duisende rande gaan spaar nie, maar volgens navorsers ook bydra tot jou emosionele welstand. Om van ‘n gesonder aarde nie eens te praat nie.





