27 Mei 2026

Ep 246 – Van Fluitjieblasers tot AI-Affairs

Sommige dinge verander nie.

27 Mei dra meer as wat dit lyk. ‘n Stad uit moerasse gebou. ‘n Brug wat oopmaak. En 78 jaar gelede het Suid-Afrika geslaap en in ‘n ander land wakker geword.

Die misdaadsyfers uit. Daar is goed nuus. En dan is daar die ander getal. Die een wat bly.

Petrol is op en elektrisiteit ook. En môre vergader die SARB – jou verband sal jou vertel hoe dit gegaan het.

Ons kyk na die werksplek, en hoe om ‘n beter kollega te wees. Mike Bolhuis is bekend vir sy skerp woorde oor skelms. Maar ‘n fluitjieblaser sê die skelm was dalk nader aan die huis..

En dan die storie wat almal sal herken maar niemand hardop sal erken.

AI affairs. 1 in 7 mense in ‘n verhouding het een. Meer as die helfte verberg dit. En 50% wens hul regte maat was meer soos die AI. Want ‘n AI stry en loop nooit weg nie.

Dis geld en kollegas. Dis liefde in die era van algoritmes.

Dis KLETS.

Podsending
| KLETS | Ep 246 – Van Fluitjieblasers tot AI-Affairs

Kom KLETS saam!

Stuur vir die KLETS span ‘n epos.