KLETS - 22 Julie 2026. Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji
22 Julie 2026

Ep 254 – Pryse, Potholes en ‘n Pending Emoji

Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op ‘n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig ‘n huis is, of net ‘n baie duur uitsig.

Intussen is ‘n Suid-Afrikaanse Protea-emoji ‘n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds goedgekeur is. Maar watter emoji’s gebruik Colene en Matthys die meeste? En wat verklap dit van hulle?

In Gauteng stik die mense intussen aan besoedeling, en dis nie gas-heaters of slaggate se skuld nie, dis motors.

En van motors gepraat: Queen Elizabeth het self gery, jare lank, sonder ‘n “liksens”.

Dis eiendom en emoji’s. Dis motors en ‘n Queen wat voet in die hoek sit. Dis KLETS.

Podsending
| KLETS | Ep 254 – Pryse, Potholes en ‘n Pending Emoji

Kom KLETS saam!

Stuur vir die KLETS span ‘n epos.