KLETS 258 - Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?
9 September 2026

EP 258 – Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie ‘n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans.

Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename in digitale bankmisdaad, en die ANC se nuutste plan om nóg ‘n stuk te vat.

KLETS ontwikkel ‘n nuwe kriteria vir staatsamptenare, en as dit ooit in werking tree, is daar dalk hoop. Laat weet ons wat jy dink by die lys moet bygevoeg word. Stuur jou idees na [email protected].

Dis Bokkoors en diefstal met ‘n glimlag.
Dis KLETS.

Podsending
| KLETS | EP 258 – Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Kom KLETS saam!

Stuur vir die KLETS span ‘n epos.