Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
25 Julie 2023

 Claire Johnston

Claire Johnston in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

Claire Johnston – die bekende hoofsanger van Mango Groove – is Suid-Afrikaanser as Suid-Afrika, al is sy eintlik ‘n boorling van Engeland. Tydens haar studies aan die Universiteit van die Witwatersrand word sy die hoofsanger van Mango Groove, ‘n posisie wat sy nog tot vandag (meer as 35 jaar later) beklee. As solis het sy ook twee eie albums opgeneem en sing dikwels nie Nasionale Lied voor groot internasionale sportgeleenthede.

Claire gesels in hierdie aflewering oor haar grootwordjare in ‘n huis waar daar nie gevloek is nie (al was haar eerste vloekwoord op driejarige ouderdom!). Aandag word ook gegee aan leenvloekwoorde oor en weer in Afrikaans en Engels. Die gesprek fokus dan uiteindelik vir ‘n groot deel oor Mango Groove as rol in die oorgangsjare na ‘n nuwe bestel in Suid-Afrika en hoe hulle op ander maniere as met eksplisiete politieke lirieke deel was van die verandering wat plaasgevind het.

[Gerhard B van Huyssteen is ‘n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Podsending
| Wat de Vloekwoord?! |  Claire Johnston

Waaroor gaan Wat de Vloekwoord?!

Wat de Vloekwoord?! ondersoek die rol van vloekwoorde en taboe-onderwerpe in die vermaaklikheidswêreld en media. Met insigte van bekroonde skrywers, regisseurs, akteurs en meer, delf ons dieper in sensuur, kulturele norme, en hoe vloek ons taal vorm.

Oor die Navorsingsprojek

Hierdie reeks is deel van ’n baanbrekende navorsingsprojek oor vloek in Afrikaans en verwante tale.

Ons vra vrae soos: Wat is die funksie van vloek? en Hoe beïnvloed dit ons taal, kultuur, en media?

Besoek vloek.co.za vir meer inligting.