Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
1 September 2023

Reggie Peace

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Reggie Hufkie is ‘n musikant, skrywer, regisseur en akteur. Reggie is in die proses om ‘n autobiografie te skryf, werk aan ‘n hele paar enkelsnitte en het onlangs, saam met Frankie Opperman die toekenning vir beste regie vir ‘n kort dokumenter by die Silwerskermfees ontvang vir hulle film – “Langafstand”.

Reggie staan beter bekend as “Reggie Peace” op al sy sosiale media en musiek platforms; ons gesels met hom oor sy verlede, sy drome, sy liefdes en wat vrede waarlik vir hom beteken. As jy lus het om jou dag lekker te begin – gaan luister gerus Reggie se “Nuwe Lewe” – dit vang sy positiewe uitkyk en “aanhouer wen” gesindheid perfek vas.

Podsending
| Narratief met Bouwer Bosch | Reggie Peace