Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
15 April 2023

Regardt Visser

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Regardt Visser is ‘n kunstenaar, regisseur, skrywer en skaatsplank liefhebber van Veldrif wat homself tans in Johannesburg bevind waar hy woeker met sy stories, musiek en videos wat hy maak. Hy is nie net een van my goeie vriende nie maar ook ‘n skrywer en regisseur wat nog diep spore gaan stap in die vermaak bedryf.

Podsending
| Narratief met Bouwer Bosch | Regardt Visser