Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
4 Mei 2023

Mienke Ehlers

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Mienke Ehlers is ‘n aktriese en stilis. Mienke is die definisie van ‘n “go getter”- sy pak alles met passie en selfvertoue aan. Haar liefde vir storievertelling is te siene in haar verskeie karakters – soos Dalena in “Die Dinge van ‘n Kind” en haar eie sosiale media projek – “Minuut Monoloe”. Al is sy ‘n stilis vir die sterre, gee sy ook raad oor klere in haar gewilde “Outfit Angs” segmente op haar Instagram en TikTok. Sy gesels graag oor haar familie, vriende, drome en geloof. Mienke se positiewe uitkyk op die lewe is niks anders as aansteeklik nie.

Podsending
| Narratief met Bouwer Bosch | Mienke Ehlers