Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.
Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.
Mel is ‘n inhoudskepper, komediant, skrywer en aktrise. Ons gesels oor haar aanslag tot stories, haar eenvrouvertoning waarmee sy tans besig is en hoe sy kritiek hanteer wanneer mense jou uit die bloute aanvat op sosiale media.