Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
5 Februarie 2025

Marco van Deventer

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Marco van Deventer is een van die manne agter die skreeusnaakse Instagram profiel “Wees ‘n Man”. Marco is ook ‘n liedjie skrywer en as jy jou ore op Laurika Rauch se nuutste album kan kry gaan luister gerus “Huis”. Dit kom uit die pen van Marco en sy vriend Georic Lomas. Ek en Marco het gesels oor sy liefde vir komedie, liedjies en ook hoekom hy vir homself die bynaam “Billy” gegee het.

Podsending
| Narratief met Bouwer Bosch | Marco van Deventer