Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
25 Julie 2023

Mandri Sutherland

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Mandri Sutherland is ‘n aktrise, skrywer, en teatermaker. In die afgelope 2 jaar het Mandri die land verstom met haar een vrou vertoning; “Vrou Ens.” Mandri het besluit om nie langer vir goedkeuring te wag nie en haar teater stuk na mense se sitkamers, motorhuise en stoepe toe te vat – sy het die idee van ‘n “huiskonsert” ten volle aangegryp en gewys dat om stories te deel belangriker is as die plek waar jy die storie vertel.

Mandri se verskeie karakters is ook te siene op haar gewilde sosiale media blaaie waar sy bekend staan as “Vroudrie”. As jy ooit ‘n video wat met “Hello Sussa” begin raak “swipe” – hou aan kyk want Mandri het ‘n manier om ‘n Afrikaanse tannie perfek vas te vang. Mandri hou van platform Crocs, see lug en haar fyn balans tussen spot, verstaan en respekteer maak seker sy vertel stories uit haar hart uit.

Jy kan haar ook sien in die gewilde Magda Louw en die nuwe, opkomende reeks: Taktiek.

Podsending
| Narratief met Bouwer Bosch | Mandri Sutherland