Om my 100ste episode te vier het ek en ek en Lucinda besluit om ons storie rondom ons dogter Liriek met jou te deel. Ons het ’n jaar terug amper op die dag ouers geword so die feit dat die opname op dieselfde dag geval het was ook iets besonders vir ons.
Ons wou graag ons storie rondom Liriek se aanneming met jou deel en gesels oor die proses, ons hart binne dit alles en ook hoekom ons dink aanneming nie meer as hierdie vreemde konsep gesien hoef te word word nie.