Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.
Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.
In hierdie episode kuier die inhoudskepper Iana Strydom by Bouwer en hulle gesels oor hoe sy dit reg gekry het om voltyds te reis en bestaan van dit te maak.As jy belangstel om ’n “content creator” te word is hierdie episode beslis vir jou.