Henru en Schwabie van die treffer “Goeie Ou” het bietjie hul liefde vir musiek gedeel en ook vertel hoekom hul nie wil ingee in die versoeking om ‘n kontrak by ‘n platemaatskappy te vat nie. Gaan luister gerus na hul musiek op Spotify en oral anders waar jy jou musiek luister.
Dankie aan Sony Alpha Suid-Afrika vir die vennootskap met die kameras. As jy ‘n podcast wil begin en belangstel in goeie bekostigbare toerusting, is Sony Suid-Afrika waar jy gerus kan begin kyk.
Dankie ook aan Opstal vir die lieflike wyn vir die gaste.