2 Oktober 2024

Germandt Geldenuys

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Germandt is een van die min mense in die vermaakbedryf wat sy hart op sy mou dra vir almal om te sien. Ek het nog altyd gewonder hoekom sy stem so mooi is maar na hierdie lekker gesprek het ek agtergekom dis omdat sy hart so mooi is. Germandt se liefde vir stories vertel en musiek is aanstekelik en sy storie is beslis een wat ek hoop eendag in ‘n film verwerk gaan word.

Podsending
| Narratief met Bouwer Bosch | Germandt Geldenuys