Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
9 Januarie 2025

Gerald Steyn

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Gerald Steyn het in ’n baie kort tydjie een van ons land se voorste akteurs geword. Met rolle in gewilde reekse soos Dam, Lioness, Reika en boonop nog ’n rol in Binnelanders ook. Gerald is beslis iemand om dop te hou en iemand wat ek dink nog groot internasionale geleenthede gaan kry.  Gerald se gesindheid teenoor die lewe en die bedryf is wat vir my uitstaan en hoekom ek dink hy nog baie hoogtes gaan bereik. Ons het gesels oor sy tyd as prokereur in Bloemfontein en hoe hy die moed bymekaar geskraap het om sy liefde vir toneelspeel na te jaag.

Podsending
| Narratief met Bouwer Bosch | Gerald Steyn