Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
21 September 2023

Duan Wanty

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Duan Wanty het sy loopbaan begin met ‘n droom om ‘n akteur te word. Na sy drama graad by Tukkies het hy met sterre in sy oë die industrie probeer aanvat. Al het hy al verkynings gemaak in meeste van ons geliefde sepies, het Duan uiteindelik by sy ware droom arriveer toe hy deelgeneem het aan die Tropika realiteits-kompetisie. Van daar af het hy besef hy kan al sy akteurs-kennis gebruik om ‘n indhouds-regisseur vir realiteits programme te word en so sy droom van storie verteller uit te leef.

Ons gesels met Duan oor die opwindende nuwe KykNet realiteitsprogram: “Die Brug” en sy interessante werk agter die skerms, sy grootword jare in die Oos Moot, en hoe hy glo mens moet altyd die deur vir opkomende storievertellers oop hou. Duan se vervaardiger werk is te sien in die riller-komedie “Thrift tot die Dood” wat hierdie jaar by die Silwerskermfees premiere het.

Podsending