Deon Meiring is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, storieverteller en kreatiewe gees met ‘n diep liefde vir woorde, melodie en betekenis. Of hy nou agter ’n mikrofoon, op ’n verhoog, of in ’n stil hoekie aan die skryf is, nooi Deon se werk gehore uit tot eerlike, dikwels poëtiese refleksie oor die lewe, liefde, en die vreemde skoonheid van menswees.
Dankie aan Sony Alpha Suid-Afrika vir die vennootskap met die kameras. Besoek hul Instagram-profiel hier.
As jy belangstel om jou eie podcast af te neem of ‘n inhoudskepper is wat op soek is na ‘n goeie kamera om mee te begin, gaan loer gerus na Sony se verskeidenheid opsies.