20 Mei 2025

Christian Wolf (kinematofraaf)

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Christian Wolf is een van ons land se voorste kinematograwe. Van advertensies, musiekvideos tot langformaat reekse of films, Christian het al alles gedoen. Hy is iemand wat die waarde besef van om meer as een departement op ‘n stel te verstaan en ook van vroeg af besef dat hoe meer goed jy kan doen hoe beter vir jou loopbaan later.

Jy kan Christian se werk gaan volg by @CWolfvisuals

Podsending
| Narratief met Bouwer Bosch | Christian Wolf (kinematofraaf)