In dié episode van Narratief met Bouwer Bosch kuier die veelsydige en lieflik weerdame Ceylonia Bekker by ons aan. Hoewel Bouwer nog nooit langer as vyf minute met haar gesels het nie, het dié gesprek vinnig een van die lekkerstes geword.
Ceylonia deel haar verhaal – van haar dae as ‘n Suid-Afrikaanse gimnas, tot haar passie vir toneelspeel en haar reis in die vermaakbedryf. Ons praat ook oor haar ervaring op die realiteitsprogram Op my Eish (Seisoen 2), en hoe dit haar wêreld beïnvloed het.
’n Groot dankie aan Sony Alpha SA vir die ongelooflike kameratoerusting wat hierdie episode moontlik gemaak het. As jy op soek is na ’n bekostigbare kamera vir jou eie podcast of content – Sony het wat jy nodig het.