Bibi Slippers op Narratief met Bouwer Bosch
29 Mei 2025

Bibi Slippers (skrywer)

Oor die reeks

Bouwer Bosch neem jou op ’n reis deur narratiewe, geloof, idees, en die uitdagings van die menswees. Hierdie oophartige gesprekke is deurdrenk van insig, kreatiwiteit, en die soeke na betekenis.

Bouwer Bosch is nie net ’n musikant en storieverteller nie, maar ook ’n stem vir deernis en kreatiwiteit. Sy unieke aanslag en vermoë om diep gesprekke te voer, maak Narratief ’n moet-luister vir enigeen wat geïnspireer wil word.

Ek ken vir Bibi al twintig jaar en elke keer wat ons kuier en gesels maak die lewe net ’n klein bietjie meer sin vir my.  Bibi is nie net vreesloos in haar skryfwerk (gaan bestel haar digbundels aanlyn)   maar sy deel graag haar insecurities en weet ook dat om weerloos te wees is eintlik ’n baie kragtige eienskap. 

Ek hoop hierdie gesprek beteken vir jou net so baie soos wat dit vir my gedoen het. Deel hom met jou mense!

Jy kan vir Bibi gaan volg op sosiale media onder @biblioteek en @bibi_slippers

Podsending
| Narratief met Bouwer Bosch | Bibi Slippers (skrywer)