Armand kom kuier op die show en ons “deep dive” bietjie in sy geskiedenis in oor waar sy liefde vir die kunste vandaan kom asook die eerste keer wat ek en hy saam gewerk het(waarvan ek van vergeet het #ClassicBouwer – Armand is een van daai akteurs wat enige rol kan vertolk en ook iemand wat ek dink beslis te min komedie doen. Armand is ook iemand wat nie bang is om sy hart op sy mou te dra nie en ek dink dit is wat hom so goeie akteur maak, hy is iemand wat alles na die tafel toe bring.
Deel die gesprek met vriende en familie en gaan gee vir Armand ‘n volg op sosiale media by @ArmandAucamp





