Anel Alexander kom kuier op die show en ons het lekker gesels oor haar Semi Soet franchise wat nou uitgebrei het na ‘n teaterproduksie toe en ook dat die opvolg film “Semi-Soeter” die eerste Afrikaanse rolprent is wat Netflix vervaardig het. Anel ken van sukses maar sy ken ook van hartseer en ons het bietjie gesels oor die afsterwe van haar ongelooflike man James Alexander ‘n paar jaar terug. Die gesprek was alles en meer wat ek gehoop het dit gaan wees. Pret, insiggewend, weerloos en hoopvol!
As jy van die episode hou stuur hom gerus aan vir jou vriende en familie!





