#35 Van Goud na Gigagrepe: Suid-Afrika se moontlike Volgende Tegnologiegrens
15 Desember 2025

#35  Van Goud na Gigagrepe: Suid-Afrika se moontlike Volgende Tegnologiegrens

Oor die reeks

Môre onder die Soeklig daag luisteraars uit om die toekoms deur ’n kritiese en kreatiewe lens te sien.

In elke episode deel Dr Rianne van Vuuren insigte oor tendense en veranderinge wat die wêreld vorm. Hierdie reeks bied die geleentheid om nie net die toekoms te verstaan nie, maar ook om aktief voor te berei vir die uitdagings en geleenthede wat op ons wag.

Van strategiese benaderings tot praktiese toepassings om jou horisonne te verbreed – die reeks stel jou in staat om die wêreld met ’n nuwe perspektief te benader.

Kan Suid-Afrika ’n halfgeleier-fabrieksgietery bou? Stel jou ’n toekoms voor waar ons skyfies vervaardig, digitale soewereiniteit wen en Afrika wat sy eie tegnologie-revolusie aan die gang sit.

Van risiko’s tot maanskote – verken hoe moed en stelseldenke ons narratief kan verander.

Podsending
| Môre onder die Soeklig | #35  Van Goud na Gigagrepe: Suid-Afrika se moontlike Volgende Tegnologiegrens