Energie uit die lug. Hersenskim of toekomstige moontlikheid
18 Augustus 2025

#18  Energie uit die lug. Hersenskim of toekomstige moontlikheid

Oor die reeks

Môre onder die Soeklig daag luisteraars uit om die toekoms deur ’n kritiese en kreatiewe lens te sien.

In elke episode deel Dr Rianne van Vuuren insigte oor tendense en veranderinge wat die wêreld vorm. Hierdie reeks bied die geleentheid om nie net die toekoms te verstaan nie, maar ook om aktief voor te berei vir die uitdagings en geleenthede wat op ons wag.

Van strategiese benaderings tot praktiese toepassings om jou horisonne te verbreed – die reeks stel jou in staat om die wêreld met ’n nuwe perspektief te benader.

Terwyl elektrisiteit met ensiem- en proteïengebaseerde prosesse uit “dun lug” gemaak kan word, bly die slegte nuus dat dit nie tot die einde van beurtkrag sal lei nie, weens die uitdagings wat aan die opskaling van hierdie deurbrake gestel word, wat steeds buite bereik bly.

Die goeie nuus is ten minste dat innoverende en baanbrekende toepassings vir ‘n veelvoud van toestelle en tegnologieë wat ‘n impak op baie velde het, baie waarskynlik blyk.

Podsending
| Môre onder die Soeklig | #18  Energie uit die lug. Hersenskim of toekomstige moontlikheid