#BOEKPOD bied ’n intieme blik op Afrikaanse boeke, skrywers, en hul kreatiewe wêrelde. Sidney Gilroy gesels met die mense agter jou gunsteling stories – van grootwordjare tot die dinge wat hul penne laat vloei.
Sidney Gilroy is ’n bekende skrywer en storieverteller. Sy gemaklike styl en diepgaande vrae bring elke skrywer se unieke stem na vore, wat #BOEKPOD ’n moet-luister maak.
Sidney Gilroy gesels met Erla-Mari Diedericks, topverkopende skrywer van erotiek en spanningsverhale oor seks en die dinge wat ons in die suburbs laat skrik.