AI Sonder Intelligensie, Spam Calls en Koninklike Chaos
6 Mei 2026

AI Sonder Intelligensie, Spam Calls en Koninklike Chaos

Hierdie week se KLETS begin met ‘n nuwe hoofstuk: ons is nou ook op die “TV”. Nie sonder stampe en stote nie, en dalk ‘n bietjie rof om die kante, maar ons is hier. Volgende week is ons minder dronk. Miskien…

Ons kyk na Suid-Afrika se beleide en die stoute amptenare wat glo nou AI gebruik, want as jy nie met jou eie kop kan dink nie, laat ‘n algoritme dit doen. Die probleem? Dit lyk nie of “intelligent” deel van die pakket is nie. Dis tegnologie sonder die “smart”, beleid sonder ‘die’ n brein.

Dan die vraag wat almal al lank vra: hoe raak jy ontslae van spam calls? Want soos loadshedding en WhatsApp voice notes, begin dit lyk of dit net deel is van die moderne Suid-Afrikaanse lewe.

En natuurlik Peet en Mel, Harry en Meghan, en Koning Charles het vir Trump gaan kuier.

Dis nuwe platforms en ou probleme. Dis amptenare met AI en sonder intelligensie. Dis spam calls en staatsake. Dis koninklikes wat chaos saai en ‘n redelike aangeklamde Colene en Matthys.

Dis nie perfek nie… maar dis KLETS.

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

Luister wat sê Cathrine Laurent die sterre voorspel vir die 2026 Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing.

Podsending
| KLETS | AI Sonder Intelligensie, Spam Calls en Koninklike Chaos

Kom KLETS saam!

Stuur vir die KLETS span ‘n epos.