Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
25 Julie 2023

 Neil Sandilands

Neil Sandilands in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

Neil Sandilands is sonder twyfel een van die bekendste Suid-Afrikaanse Hollywoodsterre, met rolle in onder andere ‘n Tom Hanks-film, ‘n Robert Downey Jr.-produksie en met hoofrolle in die reekse The 100 en The Flash. Plaaslik is hy ook bekend as onder andere Bart in 7e Laan en Zatopek van Heerden in Orion. Hy is ook al deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns as regisseur bekroon. In 2020 het hy die treffer Die ballade van Frik & Dot, oftewel, “Goue Graal” bekendgestel.

Neil praat in hierdie aflewering oor die lewe in Hollywood en veral die kanselleerkultuur in Amerika – ‘n moderne vorm van sensuur. Hy besin ook oor (self)sensuur op sosiale media, soos bv. YouTube. In die video van Die ballade van Frik & Dot, oftewel “Goue Graal” is daar ‘n paar vloekwoorde, en Neil vertel hoe hulle die radioweergawe van dié lied aangepak het.

[Gerhard B van Huyssteen is ‘n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Podsending
| Wat de Vloekwoord?! |  Neil Sandilands

Waaroor gaan Wat de Vloekwoord?!

Wat de Vloekwoord?! ondersoek die rol van vloekwoorde en taboe-onderwerpe in die vermaaklikheidswêreld en media. Met insigte van bekroonde skrywers, regisseurs, akteurs en meer, delf ons dieper in sensuur, kulturele norme, en hoe vloek ons taal vorm.

Oor die Navorsingsprojek

Hierdie reeks is deel van ’n baanbrekende navorsingsprojek oor vloek in Afrikaans en verwante tale.

Ons vra vrae soos: Wat is die funksie van vloek? en Hoe beïnvloed dit ons taal, kultuur, en media?

Besoek vloek.co.za vir meer inligting.