Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
25 Julie 2023

Melt Sieberhagen

Melt Sieberhagen in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

In die Afrikaanse komediewêreld is Melt Sieberhagen een van die prominentste figure, veral onder ‘n nuwe geslag akteurs. Sy bekendheid strek egter wyer as net in komediesirkels: Hy is ook ‘n gerekende en geliefde TV-, film- en verhoogakteur, regisseur, redigeerder, skrywer en stemkunstenaar. Van bekendste produksies waarby hy betrokke was, sluit in Proesstraat en Fynskrif (TV), Poena is koning en District 9 (film), en Nagskofkliek (verhoog).

Melt gee ‘n noukeurige analise van wat bedoel word met “gemotiveerd” as mense sê “vloek moet gemotiveerd wees”. Hy identifiseer spesifieke parameters waaraan die gemotiveerdheid gemeet kan word. Hy praat ook – gebaseer op sy eie ervaring – oor die verskille tussen komedie, skerpsketsery, roskamming (“roast”) en improvisasiekuns. Ter afsluiting gee hy insig in die wêreld van oorklanking.

[Gerhard B van Huyssteen is ‘n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Podsending
| Wat de Vloekwoord?! | Melt Sieberhagen

Waaroor gaan Wat de Vloekwoord?!

Wat de Vloekwoord?! ondersoek die rol van vloekwoorde en taboe-onderwerpe in die vermaaklikheidswêreld en media. Met insigte van bekroonde skrywers, regisseurs, akteurs en meer, delf ons dieper in sensuur, kulturele norme, en hoe vloek ons taal vorm.

Oor die Navorsingsprojek

Hierdie reeks is deel van ’n baanbrekende navorsingsprojek oor vloek in Afrikaans en verwante tale.

Ons vra vrae soos: Wat is die funksie van vloek? en Hoe beïnvloed dit ons taal, kultuur, en media?

Besoek vloek.co.za vir meer inligting.