Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
25 Julie 2023

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver is een van Afrikaans se bekendste skrywers met meer as 30 publikasies agter haar naam, insluitende volwasse, kinder- en jeugromans, kookboeke, essays, radiodramas, vertalings, en so meer. Talle van haar boeke is met van die belangrikste toekennings in Suid-Afrika bekroon, en heelwat van hulle is in ander tale vertaal. Ook is van haar boeke omgeskakel in films of verhoogstukke, terwyl sy self ook die aanbieder van die TV-reeks “Marita kook” was.

Marita gesels in hierdie aflewering oor die voortgaande stryd rondom die onafhanklikheid van die vrou, taboes rondom vroulike wellus en seksualiteit, menstruasie, eufemismes en hoe ‘Griet’ steeds relevant bly.

[Elmarie Claassens is ‘n kliniese sielkundige in ‘n privaat praktyk.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Podsending
| Wat de Vloekwoord?! | Marita van der Vyver

Waaroor gaan Wat de Vloekwoord?!

Wat de Vloekwoord?! ondersoek die rol van vloekwoorde en taboe-onderwerpe in die vermaaklikheidswêreld en media. Met insigte van bekroonde skrywers, regisseurs, akteurs en meer, delf ons dieper in sensuur, kulturele norme, en hoe vloek ons taal vorm.

Oor die Navorsingsprojek

Hierdie reeks is deel van ’n baanbrekende navorsingsprojek oor vloek in Afrikaans en verwante tale.

Ons vra vrae soos: Wat is die funksie van vloek? en Hoe beïnvloed dit ons taal, kultuur, en media?

Besoek vloek.co.za vir meer inligting.