Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
25 Julie 2023

Dawid Minnaar

Dawid Minnaar in gesprek met Elmarie Claassens.

Dawid Minnaar is ‘n bekroonde en geliefde akteur en is bekend vir rolle op die silwerskerm, verhoog, TV en radio. Dawid is al vir 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf en is sonder twyfel ‘n ikoon in Suid-Afrikaanse film- en teater.

Dawid gesels gesels in hierdie aflewering oor vloek, moraliteit, emosionele intelligensie en goeie maniere. Hy brei uit oor die dinamiek van diplomasie en valsheid. Die gesprek fokus later op die funksie van vloek op die verhoog en hoe onnodige vloek ‘n teks kan laat verwater.

[Elmarie Claassens is ‘n kliniese sielkundige in ‘n privaat praktyk.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Podsending
| Wat de Vloekwoord?! | Dawid Minnaar

Waaroor gaan Wat de Vloekwoord?!

Wat de Vloekwoord?! ondersoek die rol van vloekwoorde en taboe-onderwerpe in die vermaaklikheidswêreld en media. Met insigte van bekroonde skrywers, regisseurs, akteurs en meer, delf ons dieper in sensuur, kulturele norme, en hoe vloek ons taal vorm.

Oor die Navorsingsprojek

Hierdie reeks is deel van ’n baanbrekende navorsingsprojek oor vloek in Afrikaans en verwante tale.

Ons vra vrae soos: Wat is die funksie van vloek? en Hoe beïnvloed dit ons taal, kultuur, en media?

Besoek vloek.co.za vir meer inligting.